Swerwers – Backpack as ‘n Suid Afrikaner

swerwer
swerwer

SWERWERS, ONS STORIE

My eerste ondervinding as ‘n backpacker was omtrent 20 jaar terug. Suid Afrika was nou ‘n demokratiese land en die wereld het ons terug verwelkom. Die Pond – Rand wisselkoers het dit baie lonend gemaak om in Engeland te werk en die groen mamba het meeste van sy byt verloor.  Nou travel ek weer en was meeste van die laaste vyf jaar op die pad waartydens ek omtrent sestig lande besoek het op al die kontinente.

Diving Perhentian Stingy Nomads, Malaysia
Campbell en Alya duik saam by die Perhentian eilande in Malaysie.

Ek het Alya van Rusland in Februarie 2014 tydens ‘n surf trip op die eiland Luzon in Die Filipeine ontmoet. Ons het ‘n slaapsaal gedeel en is van dag 1 af 24 uur ‘n dag saam. Ons duik nogaltyd graag en is mal oor die see, maar toer baie om berg te klim, plekke soos Nepal, Peru en Chile en gaan ook partykeer na interessante plekke wat nie so bekend is vir duik of berg klim nie, byvoorbeeld Indie, Armenia en Turkye.

Stingy Nomads trekking to Everest Base Camp.
Ek en Alya stap graag, oppad na Everest Base Camp in Nepal.

WAT IS ‘n BACKPACKER?

Wikipedia definieer backpacking as ‘n goedkoop, selfstandige vorm van reis, gewoonlik vir ‘n lang tydperk en baggasie word in ‘n rugsak , ‘n ‘backpack’ gedra.

Die backpacker kultuur is enorm wereld wyd en bekostigbare vervoer en verblyf is orals beskikbaar waar daar iets die moeite werd is om te sien of te doen; en as daar nie is nie, ‘n backpacker maak ‘n plan. Ek het hierdie artikel begin skryf in ‘n kampeer terein in Patagonia, Chile. Dit is seker die duurste plek in Suid Amerika, maar ons wou graag die gletsers, berge en landskappe van Patagonia sien. Ons het 2 maande hier getoer, omring deur honderde Europese studente met soortgelyke planne. Hoe kon ons dit beskostig? Verblyf is peperduur, maar daar was honderde kampeer tereine en woude, so ons het maar elke aand iewers tent opgeslaan.

'Hitchhike' in die Atacama woestyn. In Chile tydens die kerstyd het ons selfs presente gekry!
‘Hitchhike’ in die Atacama woestyn. In Chile tydens die kerstyd het ons selfs presente gekry!

Die prys van vervoer hier het ons genoop om tot ‘hitchhike’ oor te slaan en ons het duisende kilometers so getoer, sodoende spandeer ek maar omtrent R7000 ‘n maand om die wereld te sien. Meeste backpackers poog om soveel as moontlik vir so goedkoop moontlik te sien.

Avontuur aktiwiteite is ook ‘n groot deel van die kultuur en baie backpackers reis net om die beste branders te surf of berge en rotse te klim. Om te backpack is nie regtig ‘n jaar vakansie nie, somtyds slaap ek elke aand in ‘n ander bed en spandeer baie selde meer as drie of vier dae op dieselfde plek. Waneer jy nie besig is met een of ander aktiwiteit nie, is jy op die pad of beplan jy waar jy vanaand slaap, hoe jy daar kom en wat jy more doen.

Bungee!!! Victoria valle Zimbabwe.
Bungee!!! Victoria valle Zimbabwe.

VERSKILLENDE TIPE BACKPACKERS

Daar is vele blog inskrywings wat verskillende tipes backpackers klassifiseer volgens ‘n verskeidenheid kriterea byvoorbeeld geaardheid, begroting, ondervinding ensovoorts. Backpackers is gewoonlik ‘n nice klomp, altyd bereid om kennis te deel, raad te gee en uit te help, maar ons kan ook maar partykeer lekker snobs wees. Niemand gee regtig om hoeveel geld jy het nie, maar beoordeel eerder mense volgens waar hulle al was, wat hulle al gedoen het en hoe lank hulle al op die pad is. Die cool ouens is die wat die minste spandeer en tips en truuks het om spesiale ‘off the beaten track’ plekke te sien en om geld te spaar.

In Venezuela counting your money takes a lot of time. 50B notes (almost $10 notes). travel Venezuela
Venezuela, die beste land vir travel op ‘n budget, hier was ons skat ryk!

HOE LANK TRAVEL DIE MENSE?

Van baie kort tot baie lank. Meeste ouens na die langer end van die skaal toer vir omtrent ‘n jaar, ‘n sogenaamde ‘gap’ jaar tussen skool en universiteit of tussen studies en begin werk, daar is egter mense van alle tipes en ouderdomme en sommige is al vir jare op die pad. Toe ek begin backpack het deur Oos-Afrika het ek ‘n Spaanse meisie ontmoet wat vir vier maande in Suid-Oos Asie getravel het, ek het gedink om vir vir vier maande net te toer is ‘n baie lang tyd, kort daarna is ek self soontoe om na agtien maande terug te keer huistoe!

Ouens wat korter reis spandeer gewoonlik meer geld, hulle doen meer georganiseerde toere en gebruik duurder vervoer aangesien hulle minder tyd tot hulle beskikking het. Hulle travel ondervinding is egter baie verskillend van backpackers wat meer tyd op die pad spandeer aangesien hulle meestal saam met ander toeriste en gidse verkeer en dus minder plaaslike mense ontmoet en vriende maak.

In die Amasone het ons meestal per vrag skip in die rivier af gevaar, ons was die enigste toeriste, dit was goedkoop, maar jy het tyd nodig om so te travel.
In die Amasone het ons meestal per vrag skip in die rivier af gevaar, ons was die enigste toeriste, dit was goedkoop, maar jy het tyd nodig om so te travel.

WAT KOS DIT?

Dit hang natuurlik af van jou styl van travel; wat jy spandeer, waar jy bly, hoe jy eet, aktiwiteite en in watter land. Hierdie manier van travel kos heelwat minder as wat meeste mense verwag en gewoonlik spandeer mense minder hoe langer hulle op die pad is. Die Rand wat elke dag minder werd word help natuurlik nie, maar as ek baie breed kan veralgemeen poog ons gewoonlik om so tussen $15 en $20 (USD) per dag te spandeer alles ingesluit, dit was redelik onlangs nog R200 per dag, dus R6000 per maand , nou is dit omtrent R9600 per maand, dankie President Zuma! Hierdie bedrag kan egter baie verskil tussen lande, ons het vir ‘n maand in Venezuela $5 (R79) ‘n dag spandeer en het in ‘n motel gebly en drie maal ‘n dag uitgeet, terwyl die koste in Europa $44 (R698)per dag was en ons het toebroodjies gemaak. Vliegtuigkaartjies is gewoonlik jou grootste uitgawe en ons probeer dus heelwat tyd op ‘n kontinent spandeer en reis soveel moontlik sonder om te vlieg.

Vietnam, ek en Ryan 'n Kanadese vriend, het motorfietse gekoop in die noorde en dit 'n paar weke later in die Suide sonder 'n groot verlies verkoop. Let op die cool spuit werk wat ons op die petrol tenke gedoen het!
Vietnam, ek en Ryan ‘n Kanadese vriend, het motorfietse gekoop in die noorde en dit ‘n paar weke later in die Suide sonder ‘n groot verlies verkoop. Let op die cool spuit werk wat ons op die petrol tenke gedoen het!

DIE ‘BACKPACKER’S TRAIL’

Elke kontinent en meeste lande het een, die roete wat meeste backpackers volg. Ons noem dit ‘Die Lonely Planet Trail’, vernoem na die roetes wat beskryf word in die sogenoemde reeks toergidse. Die roete huisves gewoonlik die gewildste toeriste aantreklikhede, avontuur aktiwiteite en beskik oor relatiewe goedkoop verblyf en vervoer.

Vietnam, ek en Ryan 'n Kanadese vriend, het motorfietse gekoop in die noorde en dit 'n paar weke later in die Suide sonder 'n groot verlies verkoop. Let op die cool spuit werk wat ons op die petrol tenke gedoen het!
Ek doen die toeris ding by die Toring van Pisa op die ‘backpacker trail’ deur Italie.

Die goedkoopste, gewildste en maklikste roete om te toer is waarskynlik die volgende pad in Suid-Oos Asia; Thailand, Laos, Vietnam, Cambodia, Indonesia en Die Filipeine. Suid Amerika, Sentraal Amerika, Wes Europa en Oos Afrika het ook gewilde roetes om te volg. Die Suid Afrikaanse roete sluit in Die Kruger Wildtuin, Drakensberge, Tuinroete, Die Walvisroete en Die Weskus.

Rock climbing at Railay Beach, Krabi in Thailand.
Ek rots klim by Railay Beach, Krabi in Thailand.

WERK, TOER EN GELD SPAAR TRUUKS

Natuurlik benodig jy geld om te toer, maar dit is maklik om oppad te werk en goedkoop of verniet te bly en te reis. Daar is al baie oor die onderwerp geskryf en dit benodig verseker ‘n individuele inskrywing, maar hier volg ‘n paar gewilde voorbeelde. www.workaway.info is ‘n internationale webwerf en is bykans oral in die wêreld beskikbaar om kort termyn werks posisies te reel. Gewoonlik kry jy verblyf in ruil vir vier ure per dag se werk en is verantwoordelik vir jou eie maaltye. Daar is omtrent elke tipe werk wat jy aan kan dink beskikbaar, werk by ‘n hostel en op permakultuur plase is baie gewild. Die minimum tyd wat jy moet werk vir ‘workaway’ posisies wissel gewoonlik enige iets tussen drie dae en drie maande. Werk as ‘volunteer’ by ‘n hostel in ruil vir verblyf en soms maaltye is maklik om te reel en ons het heelwat mense ontmoet wat op die manier toer, Rekenaarvaardighede word orals benodig, alle hostels het wifi en indien jy oor sulke vaardighede beskik, sal dit verseker in jou guns tel indien jy na kort termyn werk opsoek is.

Daar is baie werk vir backpackers beskikbaar waarvoor kwalifikasies benodig word. Om te werk as ‘n Scuba instrukteur het my al na eksotiese destinasies geneem, in Borneo het ek elke dag ongelooflike mooi en baie duur plekke geduik en ek is betaal daarvoor.

Ek het vir 'n paar maande as duik instrukteur/navorser op Malawi meer, hier kom ek en 'n paar studente terug na 'n duik.
Ek het vir ‘n paar maande gewerk as duik instrukteur/navorser op Malawi meer, hier kom ek en ‘n paar studente terug na ‘n duik.

Ek het baie mense ontmoet wat met CELTA of TEFL kursusse as engelse onderwysers werk, dit is baie gewild in die ooste en salarisse in Vietnam en Suid Korea is baie goed. Nog ‘n baie populere manier om die wêreld te sien terwyl jy werk is as bemanning op ‘n seilboot, mans begin gewoonlik as’deckhands’ en dames as ‘stewardess’, die basiese kursusse wat almal moet voltooi is STCW’95 en ENG1. Daar is baie kursusse wat hiermee gekombineer kan word van skeepskok tot dieselwerktuigkundige en sogenaamde ‘zero to hero’ kursusse waarmee jy jou yachtmaster in ‘n relatiewe kort tydperk verwerf is moontlik, met hierdie kwalifikasie kan jy ‘n boot onafhanklik skipper.

Vlieg met eenrigting kaartjies, sommige lande benodig ‘n vliegtuigkaarjie uit die land, bv ‘n retoer vlug, as ‘n bewys dat jy weer die land gaan verlaat. As jy nie die retoer vlug gaan gebruik nie is daar beter maniere as om ‘n oorbodige retoer vlug te koop om hierdie regulasie te omseil.

Die goedkoopste verblyf is in hostels, in slaapsale (dormitories) betaal jy slegs per bed en deel dan die kamer en badkamer met ander backpackers. Die koste is tussen $5 (R89) en $20 (R320) per nag vir ‘n bed, afhangende van in watter land. Om ‘n tent saam te dra is ook ‘n geld spaar opsie, in sommige lande kan jy verniet ‘bush camp’, veiligheid is soms ‘n kwessie en dit is nie altyd wettig nie. Kampeertereine kos gewoonlik tussen $2 (R30) en $7 (R100) per persoon per nag.

Couchsurfing is ‘n ongelooflike webwerf om vry verblyf by plaaslike mense te reel en ‘n fantastiese manier om mense te ontmoet. ‘Couches’ is orals in die wereld beskikbaar, ek het al in Asie, Suid Amerika en Europa van Couchsurfing gebruik gemaak en het van my beste travel ervarings nog so gehad. Indien jy ‘n filantropiese streep het en graag mense wat travel wil ontmoet kan jy registreer by die Couchsurfing webwerf en as gasheer dien, wys vir mense ons mooi land en Suid Afrikaanse gasvryheid, wie weet miskien wil jy eendag iewers in die wêreld van die diens gebruik maak?

Ek en Alya saam met Hernan en Nicole, ons couch in Santiago. Hulle was amazing, ons was vreemdelinge, hulle het soggens gaan werk en vir ons 'n sleutel vir die woonstel gegee. Saans het ons gekook en tot laat oor 'n bottel wyn of twee gesels.
Ek en Alya saam met Hernan en Nicole, ons couch in Santiago. Hulle was ongelooflik, ons was vreemdelinge, hulle het soggens gaan werk en vir ons ‘n sleutel vir die woonstel gegee. Saans het ons gekook en tot laat oor ‘n bottel wyn of twee gesels.

VISUMS

Ek het verwag visums gaan ‘n groot kopseer wees, maar dit is nie ‘n hindernis wat hoef te verhoed dat jy enige land besoek nie. Suid Afrikaners kan ag en negentig lande net met ‘n paspoort, sonder ‘n visum as ‘n toeris besoek. Die dae wat ons paspoort as die groen mamba bekend gestaan het is verby.

Visa_requirements_for_South_African_citizens
Visa requirements for South African citizens.

Ons benodig nie visums om meeste van die lande in Suid Oos Asie, Suid Amerika, Sentraal Amerika, of Oos Afrika as toeris te besoek nie, dit maak dit baie lekker en maklik om in hierdie dele van die wêreld sonder ‘n plan te toer en te werk. Om wettig in meeste lande te werk benodig jy ‘n werksvisum, dit is egter maklik om kort termyn posisies waar jy in kontant betaal word te bekom terwyl jy die land slegs as ‘n toeris besoek. Vir sommige lande, meestal eerste wêreldse lande byvoorbeeld Die VSA en Die Verenigde Koninkryke, moet jy ongelukkig voor die tyd beplan aangesien jy slegs vir visums in jou tuisland kan aansoek doen. Ek het egter al waar dit die regulasie was geslaag om in die buiteland vir visums aansoek te doen.

IS DAAR BAIE SUID AFRIKAANSE BACKPACKERS?

Daar is baie minder Suid Afrikaanse Backpackers as wat ek verwag het, soms gaan daar maande verby wat ek nie Afrikaans praat nie en eienaars van toeriste besighede vertel gereeld vir my van ander Suid Afrikaner wat iewers in die verlede hul besigheid besoek het.

WAT IS BUITELANDERS SE OPINIE VAN SUID AFRIKA?

FANTASTIES! Baie buitelanders wat al in Suid Afrika was sê dit is hulle gunsteling land en hulle raak soms liries oor die natuurskoon, kos, gasvryheid en ongelooflike goeie diens. Daar is min negatiewe kommentaar oor rasse kwessies en mense onder 30 weet bitter min van ons apartheid geskiedenis. Die wat nog nie hier was nie weet gewoonlik van ‘The Springboks’, Nelson Mandela, Oscar Pistorius, Die Antwoord of Football Worldcup. In eerste wêreldse lande weet mense gewoonlik Suid Afrika is ‘n ontwikkelde land met ‘n McDonald’s op elke hoek. In baie ontwikkelende lande is mense egter gereeld verbaas as hulle hoor ek kom van Suid Afrika en sê gereeld ‘but you are white?’. Hulle dink ook soms Suid Afrika verwys na ‘n land in die suide van Afrika en vra dan ‘Yes, but what country in the south?’ Vele backpackers wil baie graag Suid Afrika besoek, maar is bekommerd oor geweld en nuwe visa regulasies maak dit ‘n moeilike en duur land om te besoek.

Maak nie saak waar in die wereld ons gaan nie, daar is maar min plekke so mooi soos die kaap. Leeukop van Tafelberg af geneem, tydens Alya se besoek 2015/2016.
Maak nie saak waar in die wêreld ons gaan nie, daar is maar min plekke so mooi soos Die Kaap. Leeukop van Tafelberg afgeneem, tydens Alya se besoek Kersfees 2015/2016.

WAT DOEN STINGY NOMADS NOU?

Ons travel nou al amper 4 jaar saam en het in Januarie 2017 getrou in Suid Afrika! Ons bly tans in Rawsonville en werk aan die blog. Daar is soveel ongelooflike plekke om te sien in Suid Afrika en ons deel dit graag met ons internasionale lesers!

Ons is Januarie getroud in die pragtige wingerde van Rawsonville. (Ja dit was amper 40C)
Ons is Januarie getroud in die pragtige wingerde van Rawsonville. (Ja dit was amper 40C)

Huidiglik ontdek ons, ons eie land en toer, duik, stap en skryf heelwat oor Suidelike Afrika!

Ons skryf gewoonlik in Engels, dit is ons eerste inskrywing in Afrikaans. Vir meer inskrywings oor ons avonture om die wêreld kyk asb op ons blog. As jy belangstel om ons travel avonture te volg teken asb in om ons weeklikse nuusbrief per epos te ontvang en ‘like’ ons facebook page. Jy kan ook ons fotos volg op Instagram en gereelde nuus op twitter by @stingynomads.

Dit is altyd lekker om kommentaar of vrae te ontvang, voel asb vry om vir ons te skryf in die onderstaande spasie.

As jy hou van die Afrikaanse blog inskrywing SHARE asb op facebook, twitter of ander sosiale media.

Groete Campbell en Alya

 

Wil jy weet wat ons doen en waar ons is?

TEKEN HIER IN om ons weeklikse nuusbrief per epos te ontvang!

Moet asb nie skaam wees nie, ons wil graag van jou hoor! Stuur asb vir ons ‘n boodskap in die onderstaande spasie 🙂

Written By
More from Stingy Nomads

26 amazing photos of Spain. Get inspired!

Spain has always been a very special place for me, say I...
Read More

3 Comments

  • Elmien Vd Merwe Davidson
    Wow! Wat n belewenis Campbell . Sien uit om meer te Lees oor julle avonture. Veilig reis!

  • Alet Geldenhuys
    Alet Geldenhuys Ongelooflik Campbell Louw! what a life! die goed wat julle doen, die plekke wat julle sien, die dinge wat julle beleef! dit hoort eintlik in n boek. so dis goed jy sit dit op die blog.. ek sien uit na die volgende post.
    Reply · 1 · March 21 at 12:27pm

  • Campbell die Afrikaanse blog is flippen wonderlik! Netjies geskryf en so van toepassing met die ‘backpacker boer’. Ek sien uit na die volgende Afrikaanse weergawe van ‘reis om die wereld met Alya en Campbell’.

Comments are closed.